Tencent

Tencent Holdings Ltd., ook bekend as Tencent (腾讯), is 'n Chinese multinasionale tegnologie- en vermaaklikheidskonglomeraat en beheermaatskappy met sy hoofkwartier in Shenzhen. Dit is ook die grootste maatskappy in die videospeletjiebedryf ter wêreld, gebaseer op sy beleggings, met Tencent Games as sy filiaal wat op die skep van speletjies fokus. Die Suid-Afrikaanse mediamaatskappy Naspers en sy filiaal Prosus het in 2022 'n 29%-belang in Tencent besit. Tencent is een van die grootste internetmaatskappye in China. Dit besit die land se grootste mobiele boodskapdiens "We Chat" (Weixin). Sy filiale is bedrywig in die vermaak- en die videobedryf, die internet en met selfone. Tencent se grootse geldinkomste is met die rekenaarspeletjie League of Legends. Die firma is in November 1998 deur vier universiteitsvriende, naamlik Ma Huateng (Pony), Chen Yidan (Charles), Xu Chenye (Daniël) en Zhang Zhidang (Tony) gestig. Naspers het 'n 46,5%-aandeel van Tencent in 2001 gekoop. Vanaf 2021 besit die firma 30,86% deur Prosus, wat ook 'n belang in Tencent se sustermaatskappye besit, soos OLX, VK, Trip.com Group, Delivery Hero, Bykea, Meesho, Stack Overflow, Udemy, Codecademy, Brainly en PayU Tencent Holding Bpk is op 16 Junie 2004 op die Hongkongse Aandelebeurs genoteer, en dit is in 2008 as 'n samestellende aandeel by die Hang Seng-indeks gevoeg.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search